United Nations Office for the
Coordination of Humanitarian Affairs (OCHA)
www.ochaopt.org
Ons as ekumeniese begeleiers moniteer en rapporteer mensregte-oortredings en verbrekings van die internasionale menseregtewet aan die Verenigde Nasies. Die VN se kantoor vir die koordinering van mensesake of OCHA (soos dit kortweg bekend staan) analiseer dan die inligting om tendense te analiseer.
Daar was in Julie – September 2011 ‘n drastiese toename in insidente in die noorde van die Wes-Oewer in vergelyking met dieselfde periode in 2010. Die grootste aantal insidente was juis in die area waar ons, die Yanoun-span, werk.

Sommige van die dorpe suid van Nablus. Ons werk in Nablus en al die dorpe op die kaart, asook in ander wat nie op hierdie kaart is nie. Die Y van Yanoun is heel regs sigbaar. Die donkerbruin gemerkte dele is onwettige setlaarsdorpe wat verantwoordelik is vir die geweld. Die rooi gemerkte kruise is kontrolepunte, en Yitzhar en Beit Furik is twee setlaarsdorpe wat uiters aggressief is. By Huwwara eet 'n mens die lekkerste falafel op die aarde (volgens ons taxi-bestuurder, maar ons is geneig om met hom saam te stem). Die noordelike deel van die Jordaanvallei lê na regs, af van die kaart.
Al die insidente is veroorsaak deur Israeli’s – deur soldate en onwettige setlaars, en soms werk hierdie groepe saam met mekaar (die meeste setlaars is immers ook soldate). Ek werk tans aan ‘n artikel hieroor en plaas dit later.