Vir ons verpligte afdae moet ons êrens heen reis. Alicia (van Johannesburg en tans van die Bethlehem-span) en ek was vir drie dae in die gastehuis van ‘n Christen-Palestynse gesin in Ramallah (op die dag waarop Gilad Shalit en Palestynse gevangenes vrygelaat is.
Hier is ‘n paar foto’s van ‘n dagtoer wat ons saam met ons gasheer onderneem het – met my en Alicia as die laastes om daardie aand uit die Dooie See te stap.

Ontbyt in Rawda en Isa se gerieflike gastehuis, in Ramallah met taboon, humus, tamatie, komkommer, soetrissie, kaas, eier en tee met salie

Tuisdorp van ons gasheer en -vrou... van waar hulle in 2000 tydens die Tweede Intifada getrek het omdat Israel die dorp afgesper het. At Tayba is die laaste algeheel Christelike dorp in Palestina en bekend vir sy Oktober bierfees.
Daar is vier kerke in At Tayba…maar is die Christendom onthoof in Palestina?
Toeriste en pelgrimsreisigers wat geraak word deur Bethlehem, die plek waar Christus gebore is, kom meestal nie in aanraking met die Muur of die effek daarvan op Christen- en Moslem-inwoners nie. In die stad wat geboorte geskenk het aan ‘n Boodskapper van inklusiwiteit, menseregte en liefde, lei toergidse hul reisigers verby die onwettige Muur en die tragiese skeiding van mense.
Ek kon nie help om getref te word deur ‘n kleinerige beeldjie in iemand se tuin in Al Tayba nie: