Gallery

Jaffa, Israel – anything goes?

 

Op pad na die see by Jaffa, Tel Aviv in Israel vir ‘n heerlike ontspandag….

Langs my in die bus... wat gebeur met die psige van ‘n jong kind as sy pa op ‘n Donderdagoggend, 9:00, gewapen sit op ‘n bus?

Ons stop by die kontrolepunt, en twee soldate met M16s klim op die bus en kyk elkeen van ons deeglik deur.  Ek slaag die toets en ons ry sonder slag of stoot verder.

By ‘n robot in Tel Aviv: ‘n Olyfboom, ten minste ‘n paar dekades oud, wat pas nuwe takke uitstoot nadat dit duidelik van elders oorgeplant is.

Is dit nog ‘n onthoofde olyfboom?  Ek het al baie gesien sedert ek hier is.  Hier is hulle dikwels honderde, selfs duisende jare oud.  Israeli-werkers sny die takke van bome op Palestynse gebied af, ontwortel dit met hyskrane en plant dit weer – maar nie in Palestina nie.

Dit doen hulle om plek te maak vir die (onwettige) Muur wat uiteindelik dubbeld die lengte van die internasionaal erkende grens (die sg. “Groen Lyn”) sal wees.

Bethlehem: Onthoofde bome wat moes plek maak vir die onwettige Israeli Muur.

Al Walaja, wes van Bethlehem, sal uiteindelik algeheel omring word deur die Muur. Hier het ek saam met die Hagahla familie gesit en kyk hoe hul familiegrond van ses geslagte deur die aanbou van die Muur van hulle vervreem word. Ongeveer 50 olyfbome is daardie dag onthoof, ontwortel en weggevoer.

By die laaste bushalte in Tel Aviv word my tas, laptop, toiletsakkie en handsak deursoek.  Het ek dalk ‘n vuurwapen?  Nee, antwoord ek vriendelik. ‘n Mes?  Nee ook nie, antwoord ek steeds vriendelik. Het ek ‘n wapen van enige aard?  Nee.  (Nou ja. Wat as ek wel een gehad het ? Gits noudat ek daaroor dink – wat van my kamera en my pen?)

In Jaffa gaan stap ek by die see. Dis pragtig. Die stadsprofiel sluit verskeie moskeetorings in – maar ek is tog nou in Israel en nie in Palestynse gebied nie?

Kan dit wees dat Jaffa ‘n meer inklusiewe, ‘n meer verdraagsame area in Israel is?

Hier is na alles Jode van alle kleure en geure (en lande)

Perhaps anything goes in Jaffa?

Ek weet werklik nie hoe dinge hier inmekaar pas nie, en is vir die oomblik tevrede om in die laaste son langs die see te stap voor die koue en reën wat vir volgende week voorspel word.

Hmm...‘n moontlike leidraad vir die verskeidenheid? Hier word Jaffa as Yafo gespel.

Ek draai om na die museum waar ek vroeër op ‘n kliptrap in die koelte gesit het…. ‘n Groep toeriste sit nou buite op die trappe. ‘n  Sekuriteitswag by die ingang gee my ‘n pamflet wat sê die museum gedenk die gevalle stryders van die “Irgun Zvai Leumi (I.Z.L.) – who fell in the campaign to conquer Jaffa.” (So Jaffa is die Arabiese woord vir Yafo.)

By die ingang is ‘n kennisgewing wat sê ‘n mens moet jou ID/paspoort wys en na my geselsie met die wag haal ek my paspoort uit, maar hy sê dis onnodig en wil dit nie eens optel nie.  Ook die kassier ontvang my vriendelik en sê dis in orde as ek foto’s neem.  Ek voel soos ‘n spioen.

Die verwelkomingsteken by die ingang na die museum. Openlik. En skokkend.

Die uitstalling vertel die verhaal van die ondergrondse militêre beweging wat vanaf 1931 – 1948 Palestynse dorpe gewelddadig oorgeneem het.  Die taal is deurspek met woorde soos “heroic”, “brave”, ens.

Kenmerkend van elke dorp se verhaal is die klein aantal Israeli-soldate wat gesterf het teenoor die groot aantal Palestyne wat gesterf het.  In Deir Yassin het vyf Israeli’s teenoor 110 – 250 Palestyne gesterf.  Talle mense het hierna uit ander dorpe uit hul huise gevlug en die Israeli’s het beslag op hul huise en dorpe gelê.  Die vlugtelinge is nooit toegelaat om terug te keer nie.

Jaffa, is aangeval en oorgeneem “to eliminate the threat of a naval base by the enemy.” Volgens die 1947 verdelingsplan van die VN was Jaffa geoormerk as Arabiese grondgebied. Ek haal aan uit Wikipedia http://en.wikipedia.org/wiki/Jaffa:

“On April 25, 1948, Irgun (a Zionist paramilitary group) launched an offensive on Jaffa. This began with a mortar bombardment which went on for three days during which twenty tons of high explosive were fired into the town. On April 27 the British Government, fearing a repetition of the mass exodus (by Palestinians) from Haifa the week before, ordered the British Army to confront the Irgun and their offensive ended. Simultaneously the Haganah had launched Operation Chametz which over-ran the villages East of Jaffa and cut the town off from the interior.

The population of Jaffa on the eve of the attack was between 50,000 – 60,000, with some 20,000 people having already left the town. Then a strange phenomenon was revealed before our eyes: the mass flight from Jaffa. Arab civilians and a variety of “Arab” fighters suddenly began to leave the town in panic’. By 30 April there were 15,000 – 25,000 remaining. In the following days a further 10,000 – 20,000 people fled by sea. When the Haganah took control of the town on May 14 around 4,000 people were left. The town and harbour’s warehouses were extensively looted. The remaining Arab residents were forced into the Ajami neighborhood, surrounded by barbed wire, where martial law was in effect for a year.”

Sowat 750 000 Palestyne het tydens die Nakba (die Katastrofe) vlugtelinge geword in 1948.  Die meeste van hierdie mense het nog die sleutels van hul huise, maar hulle is nooit toegelaat om terug te keer nie.  Baie van die 1948-vlugtelinge is in die 1967 oorlog weer ontheem – vir die tweede maal in minder as 20 jaar.

Does anything go in Yafo….  as long as it sides with Israel?

6 thoughts on “Jaffa, Israel – anything goes?

  1. Theunis says:

    ‘n Mens bly geraak deur die ‘ons-hulle’ ingesteldheid…en nog meer…’ons is reg en julle/hulle is die sondebokke’…die besmetting wat magsug en hebsug veroorsaak….’too ghastly to contemplate’….en of dit nou vergelyk word met apartheid of nie….dit is so oud soos die mens se bestaan….en ons almal stry daarmee en daarteen elke dag…wat Luther genoem het ‘se incurvatus est’ – om in jouself ingebuig te wees!!
    Mag die komende week vir jou goed wees…en jy iets van die vars seelug ‘vashou’
    Groetjes
    Theunis

    Like

    • Ja dis erg… die “ons” en “hulle” wat dikwels geregverdig word deur godsdiens. Maar BAIE lekker om van jou te hoor en Hallandse groetjes uit die Kaap te ontvang. Moenie bekommerd wees nie, dit gaan BAIE goed met my en ek begin uitsien daarna om weer die Kaap te sien. :))MM

      Like

  2. Sorine van Gass says:

    Ek kom nie so gereeld op die internet nie, maar maak ‘n punt daarvan om jou nuus te lees. Ek is bly oor jou geleentheid. Dink net wat my pa nie alles sou kwytgeraak het nie. Ons mis ons wandelende ensiklopedie. Geniet dit daar! Liefde, Sorine

    Like

Leave a comment