My Suid-Afrikaanse EAPPI kollegas en ek was genooi om op 15 November, Nasionale Dag hier, ‘n wedstryd tussen die junior Bafana Bafanas en ‘n “tweede span” van Palestina by te woon.
Ons is genooi deur die plaaslike Suid-Afrikaanse verteenwoordigende kantoor in Ramallah, en dit was lekker om weer ons Ambassadeur en Machiel van Niekerk te sien.
Ek het die Palestynse skare besonder baie geniet …. hier aangemoedig deur ‘n man met ‘n drom, ‘n fluit, en ‘n bottel water op sy kop …. en in ‘n stadium het hy selfs ‘n vuvuzela by een van die VIPs geleen om ons te vermaak 🙂